1 ’n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
2 O God, U is my God,ek wil naby U wees.Ek verlang na U hier in ’n droë land,hier is nie water nie,en alles kry swaar om te lewe.
3 Ek het in die tempel na U gekyk,en ek het gesien dat U sterk isen dat U die Koning is.Ek wil dit nou ook weer sien.
4 U doen wat U belowe,en dit is beter as die lewe self.Daarom wil ek U prys.
5 So sal ek vir U dankie sêso lank soos ek lewe,ek sal my hande uitsteek na U toeen ek sal u Naam sê.
6 Dit sal vir my lekker wees,so lekker soos ’n fees-ete,wanneer ek sing en U prys.
7 Wanneer ek aan U dink hier op my bed,wanneer ek die hele nag oor U lê en dink,
8 dan onthou ek dat U my altyd gehelp heten my beskerm het soos ’n henhaar kuikens beskerm.En dan sing ek weer.
9 Ek wil naby U bly,U hou my regop met u sterk hand.
10 Maar daardie mensewat wil hê dat dit sleg moet gaan met my,hulle sal sterf en moet afgaanna die diep plekke onder die aarde.
11 Hulle sal in ’n oorlog sterf,en die jakkalse sal hulle opvreet.
12 Dan sal die koning bly weesdat hy aan God behoort.Elkeen wat iets belowe en sê God is sy getuie,sal vir God prys,want die mense wat lieg, sal moet stilbly.