1 U self moet my oordeel, o God,U moet my verdedig teen mensewat nie aan U behoort nie,U moet my red van mensewat lieg en onregverdig is.
2 Ja, U is die God wat my moet beskerm.Hoekom het U my weggestoot?Hoekom moet ek aanhou rouomdat vyande my laat swaarkry?
3 U moet u lig vir my laat skynen U moet die waarheid oor my sê.U lig en u waarheid moet my leien moet my terugneem nau gewyde berg, u woonplek.
4 Dan sal ek na die altaar van God gaan,die God wat my bly maak.Ek sal U prys met die lier, o God, my God.
5 Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie,ek moet glo dat God my sal help,ja, ek sal weer ’n lied sing om Hom te prys.Hy is naby, Hy sal my red,Hy is my God.