1 ’n Psalm. ’n Lied toe hulle die tempel gewy het.Van Dawid.
2 Here, ek wil U prys,want U het my gered en my laat uitkom,sodat my vyande nie kan juigoor wat met my gebeur nie.
3 My God die Here, ek het tot U geroepen gevra dat U my moet help,en U het my gesond gemaak.
4 Here, U het my laat uitkom uit die doderyk,ek was naby die dood,maar U het my weer laat lewe.
5 Julle wat in die Here glo,julle moet vir Hom sing,julle moet sy heilige Naam noemen vir Hom dankie sê.
6 Want Hy bly nie lank kwaad nie,Hy is vriendelik so lank soos ’n mens lewe.Ek huil die hele nag,maar wanneer ek opstaan, dan juig ek weer.
7 Toe dit met my goed gegaan het,het ek gesê dit sal altyd so wees.
8 Here, U was goed vir my,U het my sterk laat staan soos ’n berg.Maar toe U my nie meer wil sien nie,het ek bang geword.
9 Here, ek het tot Ú gebid, net tot U,ek het gesoebat dat my Here vir my moet help.
10 Wat sal U kan wen as ek sterf,as ek afgaan na die doderyk?Mense wat dood is, kan nie vir U prys nie,hulle kan nie vertel dat U altyd doenwat U belowe het nie.
11 Here, U moet luister,U moet genadig wees vir my,Here, dit is U wat vir my moet help.
12 Ek het gehuil en getreur,maar U het my laat dans.U het my rouklere weggevaten my laat feesvier.
13 Daarom sal ek sing, ek sal nie stilbly nie,my God die Here, ek sal U altyd prys.