15 Sion is nou net hope klippe en stof,maar ons, u dienaars, is lief en jammer vir die stad.
16 Die volke sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor.Al die konings op die aarde sal bang wordwanneer hulle sien dat U Koning is.
17 Ja, die Here bou weer die mure van Sion,Hy wys vir almal dat Hy Koning is.
18 Hy hoor die gebede van die mense wat niks het nie,hulle gebede is vir Hom belangrik.
19 Julle moet dit opskryfsodat die volgende geslag dit kan lees,sodat die kinders wat later gebore sal word,die Here kan prys.
20 Hulle sal Hom prys,want Hy het uit die heilige hemel daarboafgekyk na die aarde
21 en Hy het gehoor dat die gevangenes kla en sug.Hy het oopgemaak en die mense geredwat naby die dood was.