18 Hy hoor die gebede van die mense wat niks het nie,hulle gebede is vir Hom belangrik.
19 Julle moet dit opskryfsodat die volgende geslag dit kan lees,sodat die kinders wat later gebore sal word,die Here kan prys.
20 Hulle sal Hom prys,want Hy het uit die heilige hemel daarboafgekyk na die aarde
21 en Hy het gehoor dat die gevangenes kla en sug.Hy het oopgemaak en die mense geredwat naby die dood was.
22 Die kinders wat later gebore sal word,sal in Sion die Naam van die Here sê,hulle sal Hom prys in Jerusalem
23 wanneer die volke, die mense uit ander lande,bymekaarkom om die Here te dien.
24 Die Here het my swak laat wordtoe ek jonk was,Hy het my lewe kort gemaak.