3 Dit gaan sleg met my,U moenie maak of U dit nie sien nie.U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet my gou antwoord.
4 Want my dae gaan verby soos rook,my liggaam brand soos vuur.
5 Ek voel soos gras wat droog geword hetnadat iemand dit plat getrap het,want ek is nie meer lus om te eet nie.
6 Ek hou aan om te kla van die pyn,ek is baie maer, net vel en been.
7 Ek is soos ’n pelikaan in die woestyn,ek het geword soos ’n uil tussen hope klippe.
8 Ek kan nie slaap nie,ek is soos ’n voël wat alleen op ’n dak sit.
9 My vyande spot my die hele dag,die mense wat my beledig, sê my naamwanneer hulle ander mense wil vervloek,