9 Hy sal ons nie altyd beskuldig nieen nie altyd kwaad bly nie.
10 Hy straf ons oor ons sonde,maar Hy straf ons nie so swaar soos Hy móét nie.
11 Ja, soos die hemel baie hoog is bo die aarde,so doen die Here baie vir die mense wat Hom dien,Hy doen altyd wat Hy belowe het.
12 So ver soos die ooste van die weste is,so ver neem Hy ons sonde weg van ons.
13 Soos ’n pa jammer is vir sy kinders,so is die Here ook jammer vir die mense wat Hom dien,
14 want Hy ken ons, Hy weet dat ons stof is.
15 Die mens se lewe is soos die lewe van ’n plant,hy groei soos ’n veldblom,