12 Hulle was min mense, net ’n paar mense,en hulle was vreemdelinge in die land.
13 Hulle het rondgetrek,van een volk na ’n ander volk,van een land na ’n ander land.
14 Die Here het gesê niemandmag sy mense verdruk nie,Hy het konings gestrafomdat hulle sy volk verdruk het.
15 Hy het gesê:“Julle moet niks sleg doen aan die mensewat Ek gesalf het nie,julle moenie slegte dinge doen aan my profete nie.”
16 Die Here het hulle honger laat word,daar was niks om te eet nie.
17 Hy het ’n man gestuur om voor hulle te gaan,die man was Josef, sy broers het hom verkoop,en hy het ’n slaaf geword.
18 Hulle het sy voete met toue vasgemaak,hulle het ’n ysterband om sy nek gesit.