11 Die water het bo-oor hulle vyande gespoel,nie een van hulle het aangehou lewe nie.
12 Toe het ons voorvaders geweetdat die Here doen wat Hy sê,hulle het gesing en Hom geprys.
13 Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het,hulle het nie gewag totdat Hy vir hulle sêwat hulle moet doen nie.
14 Hulle was honger vrate in die woestyn,hulle het God getoets in die woestyn.
15 En Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het,maar Hy het hulle ook siek gemaak en maer laat word.
16 Hulle was in die kamp baie kwaad vir Mosesen vir Aäron wat aan die Here gewy was.
17 Toe het die aarde oopgegaan en vir Datan ingesluk,dit het toegegaan oor Abiram en sy vriende.