14 Hulle was honger vrate in die woestyn,hulle het God getoets in die woestyn.
15 En Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het,maar Hy het hulle ook siek gemaak en maer laat word.
16 Hulle was in die kamp baie kwaad vir Mosesen vir Aäron wat aan die Here gewy was.
17 Toe het die aarde oopgegaan en vir Datan ingesluk,dit het toegegaan oor Abiram en sy vriende.
18 ’n Vuur het hulle almal gebrand,’n vlam het die mense verbrandwat verkeerd gedoen het.
19 Hulle het by Horeb ’n kalfbeeld gemaak,hulle het gebuig voor ’n beeld.
20 Hulle het hulle Koning gelos en hulle het ’n beeld aanbid,’n beeld van ’n bul wat gras vreet.