17 Toe het die aarde oopgegaan en vir Datan ingesluk,dit het toegegaan oor Abiram en sy vriende.
18 ’n Vuur het hulle almal gebrand,’n vlam het die mense verbrandwat verkeerd gedoen het.
19 Hulle het by Horeb ’n kalfbeeld gemaak,hulle het gebuig voor ’n beeld.
20 Hulle het hulle Koning gelos en hulle het ’n beeld aanbid,’n beeld van ’n bul wat gras vreet.
21 Hulle het vir God vergeet, God wat vir hulle gered het,God wat groot dinge gedoen het in Egipte,
22 wonderwerke in die land van Gam,en dinge by die Riet-see, dit het die mense bang laat word.
23 Die Here het besluit om hulle almal te laat sterf,en Hy sou dit gedoen het, maar Moses het vir Hom gesoebatom dit nie te doen nie.Die Here het voorheen vir Moses gekies,en Moses het nou gekeer dat die Herehulle nie almal doodmaak nie.