3 Dit gaan goed met mensewat aanhou om reg te oordeel,met mense wat altyd reg doen.
4 Here, wanneer U goed is vir u volk,dan moet U ook aan my dink.Wanneer U hulle red,dan moet U my nie vergeet nie.
5 Dan sal ek sien hoe goed gaan ditmet u mense, U het hulle gekies.Ek sal bly wees wanneer u volk bly is,ek sal juig saam met die mense wat aan U behoort.
6 Ons het sonde gedoen soos ons voorvaders,ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig.
7 Ons voorvaders het in Egiptenie u wonderwerke verstaan nie,hulle het nie onthou dat U altyddoen wat U belowe het nie.Hulle was opstandig by die see, die Riet-see.
8 Maar Hy het hulle gered omdat Hy God is,omdat Hy wou hê hulle moet weetdat Hy sterk is.
9 Hy het hard gepraat met die Riet-see,en die see het droog geword.Hy het ons voorvaders laat deurloopop die plek waar daar voorheen diep water was,hulle het deurgeloop soos in ’n woestyn.