5 Dan sal ek sien hoe goed gaan ditmet u mense, U het hulle gekies.Ek sal bly wees wanneer u volk bly is,ek sal juig saam met die mense wat aan U behoort.
6 Ons het sonde gedoen soos ons voorvaders,ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig.
7 Ons voorvaders het in Egiptenie u wonderwerke verstaan nie,hulle het nie onthou dat U altyddoen wat U belowe het nie.Hulle was opstandig by die see, die Riet-see.
8 Maar Hy het hulle gered omdat Hy God is,omdat Hy wou hê hulle moet weetdat Hy sterk is.
9 Hy het hard gepraat met die Riet-see,en die see het droog geword.Hy het ons voorvaders laat deurloopop die plek waar daar voorheen diep water was,hulle het deurgeloop soos in ’n woestyn.
10 Hy het hulle gered van die mensewat vir hulle gehaat het,Hy het hulle vrygemaak van hulle vyande.
11 Die water het bo-oor hulle vyande gespoel,nie een van hulle het aangehou lewe nie.