8 Maar Hy het hulle gered omdat Hy God is,omdat Hy wou hê hulle moet weetdat Hy sterk is.
9 Hy het hard gepraat met die Riet-see,en die see het droog geword.Hy het ons voorvaders laat deurloopop die plek waar daar voorheen diep water was,hulle het deurgeloop soos in ’n woestyn.
10 Hy het hulle gered van die mensewat vir hulle gehaat het,Hy het hulle vrygemaak van hulle vyande.
11 Die water het bo-oor hulle vyande gespoel,nie een van hulle het aangehou lewe nie.
12 Toe het ons voorvaders geweetdat die Here doen wat Hy sê,hulle het gesing en Hom geprys.
13 Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het,hulle het nie gewag totdat Hy vir hulle sêwat hulle moet doen nie.
14 Hulle was honger vrate in die woestyn,hulle het God getoets in die woestyn.