23 Party mense het met skepe op die see geseil,hulle het hulle werk gedoen op die groot water.
24 Hulle het self gesien wat die Here doen,hulle het sy wonderwerke gesien op die diep see.
25 Toe Hy praat, het daar ’n stormwind gekom,en die branders was baie groot.
26 Die skepe het hoog opgegaan op die brandersen dan het hulle weer afgesak in die diep water.Dit het sleg gegaan met die mense,hulle het baie bang geword.
27 Hulle het soos dronk mensegeloop en geval.Hulle was goeie matrose,maar hulle het nie geweet wat om te doen nie.
28 Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
29 Hy het die stormwind stilgemaak,en die branders het klein geword.