27 Hulle het soos dronk mensegeloop en geval.Hulle was goeie matrose,maar hulle het nie geweet wat om te doen nie.
28 Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
29 Hy het die stormwind stilgemaak,en die branders het klein geword.
30 Die mense was bly omdat die see stil geword het.Die Here het hulle gelei na die hawewaar hulle wou wees.
31 Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.
32 Hulle moet in die volksvergadering sêdie Here is groot,hulle moet Hom prys in die vergaderingvan die leiers van die volk.
33 Hy verander waterstrome,en dit word ’n woestyn,Hy verander plekke waar daar fonteine is,en dit word droë grond.