36 Hy laat die mense wat honger was,daar woon, en hulle bou ’n stadwaar hulle kan woon.
37 Hulle saai koring en hulle plant wingerde,en hulle kry baie koring en druiwe.
38 Die Here seën hulle, en hulle kry baie kinders,die Here laat ook hulle diere baie word.
39 Die mense was min en hulle het swaargekry,dit het sleg gegaan met hulleomdat mense hulle verdruk het.
40 Toe het die Here die belangrike mense verneder.Hy het hulle laat verdwaal in plekkewaar niemand woon nie en waar daar nie ’n pad is nie.
41 Maar Hy het die mense vrygemaakwat niks gehad het nie,hulle het nie meer swaargekry nie.Hy het hulle nageslag so baie laat wordsoos skape en bokke.
42 Mense wat eerlik lewe, sien diten hulle word bly,maar almal wat verkeerde dinge doen, moet stilbly.