5 Hulle het honger en dors geword,hulle het amper flou geword.
6 Toe dit sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
7 Hy het hulle laat loop op ’n gelyk padom by ’n stad te kom waar mense woon.
8 Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.
9 Hy gee vir mense wat dors is,genoeg om te drink,Hy laat honger mense lekker eet,meer as genoeg.
10 Party mense het in die donker gesit,in pikdonker plekke.Hulle was gevangenes,hulle vyande het hulle vasgemaak met yster-boeie.Dit het sleg gegaan met hulle.
11 Hoekom?Omdat hulle opstandig wasteen God en wat Hy gesê het,omdat hulle nie wou doenwat die Hoogste God vir hulle gesê het nie.