1 ’n Lied. ’n Psalm. Van Dawid.
2 O God, ek wil iets doen,ek wil sing en musiek maak,ek self wil dit doen.
3 Ek wil my harp en my lier neem,ek wil sing voordat die son opkom.
4 Ek wil hê al die volke moet hoorwanneer ek vir U dankie sê en vir U sing.
5 Want U doen wat U belowe,op die aarde en in die hemel,U bly dieselfde, ook tot by die wolke.
6 O God, U moet vir almal wysdat U die Groot Koning isvan die hemel en van die hele aarde.
7 U moet nou u hand optel en ons red,U moet doen wat ek vra,sodat ons, die mense vir wie U lief is,vry kan word.