1 Vir die leier van die koor: Van Dawid. ’n Psalm.O God, ek prys U, U moet iets doen,
2 want mense wat self skuldig is,sê dinge oor my, maar dit is nie waar nie,hulle lieg oor my.
3 Hulle sê dit omdat hulle my haat.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar hulle baklei met my.
4 Ek was lief vir hulle en ek het vir hulle gebid,maar hulle beskuldig my.
5 Ek het goeie dinge aan hulle gedoen,maar hulle doen slegte dinge aan my.Ek was lief vir hulle, maar hulle haat my.