11 Hy skuld geld vir mense,daardie mense moet alles vat wat hy het.Vreemde mense moet die goed vatwaarvoor hy gewerk het.
12 Niemand moet goed wees vir hom nie,niemand moet jammer weesvir sy weeskinders nie.
13 Sy nageslag moet almal sterf,niemand moet hulle namená een geslag onthou nie.
14 Die Here moet onthoudat hierdie man se voorvadersverkeerde dinge gedoen heten die Here moenie sy ma se sonde vergewe nie.
15 Die Here moet dit altyd onthou,en niemand moet nog dink aan hierdie manse voorouers nie.
16 Want hierdie man het nie onthouom te doen wat hy belowe het nie.Hy het mense gevolg en gejaagtotdat hulle dood is,mense wat hulleself nie kan help nie,mense wat niks het nieen wat moedeloos is.
17 Hy het gehou daarvan om mense te vervloek,maar daardie slegte dinge moet nou met homself gebeur.Hy het nie daarvan gehou om mense te seën nie,en nou moet niemand hóm seën nie.