13 Sy nageslag moet almal sterf,niemand moet hulle namená een geslag onthou nie.
14 Die Here moet onthoudat hierdie man se voorvadersverkeerde dinge gedoen heten die Here moenie sy ma se sonde vergewe nie.
15 Die Here moet dit altyd onthou,en niemand moet nog dink aan hierdie manse voorouers nie.
16 Want hierdie man het nie onthouom te doen wat hy belowe het nie.Hy het mense gevolg en gejaagtotdat hulle dood is,mense wat hulleself nie kan help nie,mense wat niks het nieen wat moedeloos is.
17 Hy het gehou daarvan om mense te vervloek,maar daardie slegte dinge moet nou met homself gebeur.Hy het nie daarvan gehou om mense te seën nie,en nou moet niemand hóm seën nie.
18 Hy het elke dag mense vervloek,dit was vir hom dieselfdesoos om elke dag klere aan te trek.Nou moet dit alles met homself gebeur,alles wat hy gesê het.Die slegte dinge moet in hom ingaansoos die water wat hy drink,dit moet tot in sy bene ingaan soos die oliewat hy aan sy vel smeer.
19 Die slegte dinge moet by hom blysoos die klere wat hy aantrek,soos die belt wat hy elke dag dra.”