4 Ek was lief vir hulle en ek het vir hulle gebid,maar hulle beskuldig my.
5 Ek het goeie dinge aan hulle gedoen,maar hulle doen slegte dinge aan my.Ek was lief vir hulle, maar hulle haat my.
6 Hulle sê: “Jy moet iemand kies en aanstel,iemand wat self verkeerd doen.Daardie persoon moet langs hom kom staanen hom beskuldig.
7 ’n Regter moet sê dat hy skuldig is,die regter moet sê dat sy gebed ook sonde is.
8 Sy lewe moet kort wees,’n ander mens moet sy werk doen.
9 Sy kinders moet weeskinders word,en sy vrou moet ’n weduwee word.
10 Sy kinders moet rondswerfen bedel om kos te kryin die plekke waar hulle woon,die plekke wat verwoes is.