17 Ek sal nie sterf nie, ek sal leween ek sal vertel wat die Here gedoen het.
18 Die Here het my swaar gestrafmaar Hy het my nie laat sterf nie.
19 Julle moet vir my die poorte oopmaakwaar die Here die Regter is,ek wil deur die poorte gaan en vir die Here dankie sê.
20 Hier is die poort van die Here,mense wat reg gedoen het, kan daardeur gaan.
21 Ek wil vir U dankie sê,want U het my geantwoord, U het my gered.
22 Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie,daardie klip het die belangrikste klipin die gebou geword.
23 Die Here het dit laat gebeur,dit was vir ons ’n wonderwerk.