106 Ek het belowe, en ek sal dit doen:Ek sal doen wat U besluit, want U besluit reg.
107 Dit gaan baie baie sleg met my,U moet my laat aanhou lewe, soos U gesê het.
108 Here, die dinge wat ek vir U sê,is offers wat ek graag vir U bring.U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leerom te verstaan wat U besluit.
109 Daar is altyd mense wat my wil doodmaak,maar ek vergeet nie wat U vir ons geleer het nie.
110 Die mense wat verkeerd doen, wil my vangsoos ’n mens voëls vang in ’n vangnet,maar ek hou aan om te doen wat U beveel.
111 Ek wil altyd onthou wat U sê,want dit maak my baie bly.
112 Ek het besluit om altyd te doenwat u wette sê, so lank soos ek lewe.