11 Ek dink altyd aan wat U gesê het,dit keer my dat ek nie sonde doen teen U nie.
12 Here, ek prys U,U moet vir my leer wat u wette sê.
13 Ek wil vir die mense alles sê wat U besluit het.
14 Dit maak my bly om te lewe soos U sê,so bly soos wanneer ’n mens alles het wat hy nodig het.
15 Ek sal dink aan wat U beveel het,ek sal goed luister na wat U wil hê.
16 Ek sal altyd bly wees oor u wette,ek sal nie vergeet wat U gesê het nie.
17 As U goed is vir my, u dienaar,dan sal ek lewe en ek sal doen wat U gesê het.