33 U moet vir my leer wat u wette beteken,sodat ek altyd kan doen wat die wette sê.
34 U moet my help om te verstaan,sodat ek kan doen wat U vir my leeren sodat ek daaraan gehoorsaam kan weesmet my hele hart.
35 U moet my laat lewe soos u gebooie sê,want dit is vir my lekker.
36 U moet my helpsodat ek graag sal wil doen wat U sêen nie sal kies om ryk te word nie.
37 U moet my help sodat ek nie dinge wil hêwat niks beteken nie,U moet my laat lewe soos U wil hê.
38 U moet vir my doen wat U belowe het,vir my, u dienaar,want U het dit belowe vir mense wat vir U dien.
39 U moet keer dat mense my nie spot nie,ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed.