45 En ek sal lewe soos ’n vry mens,want ek het probeer doen wat U beveel het.
46 En ek sal vir konings vertel wat U sê,ek sal weet wat om te sê.
47 Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie,ek is lief vir hulle.
48 Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle,ek sal aanhou dink oor u wette.
49 U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie,vir my, u dienaar.Dit het my laat hoop dat U my sal help.
50 Toe dit sleg gegaan het met my,het u woorde dinge verander vir my,want die dinge wat U belowe het, het my laat aanhou lewe.
51 Toe hoogmoedige mense my baie gespot het,het ek nie opgehou om te doen wat U vir my geleer het nie.