47 Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie,ek is lief vir hulle.
48 Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle,ek sal aanhou dink oor u wette.
49 U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie,vir my, u dienaar.Dit het my laat hoop dat U my sal help.
50 Toe dit sleg gegaan het met my,het u woorde dinge verander vir my,want die dinge wat U belowe het, het my laat aanhou lewe.
51 Toe hoogmoedige mense my baie gespot het,het ek nie opgehou om te doen wat U vir my geleer het nie.
52 Here, wanneer ek dink aan wat U lank gelede besluit het,dan voel ek beter.
53 Die mense wat verkeerd doen, maak my kwaad,dit is húlle wat nie doen wat U vir ons geleer het nie.