73 Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe,U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken.
74 Die mense wat vir U dien, sal na my kyken hulle sal bly wees,want hulle sal sien ek glodat U sal doen wat U gesê het.
75 Here, ek weet dat U reg besluit,en dat U my laat swaarkry hetomdat U gesê het U sal dit doen.
76 U moet doen wat U belowe het,dit sal dinge beter maak vir my.U het dit vir my gesê, vir my, u dienaar.
77 U moet jammer wees vir my sodat ek kan lewe,want ek geniet wat U vir my leer.
78 U moet die hoogmoedige mense laat verloor,want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei.Ék wil dink aan wat U beveel het.
79 U moet die mense wat vir U dien,na my toe laat kom,sodat hulle kan leer wat U gesê het.