76 U moet doen wat U belowe het,dit sal dinge beter maak vir my.U het dit vir my gesê, vir my, u dienaar.
77 U moet jammer wees vir my sodat ek kan lewe,want ek geniet wat U vir my leer.
78 U moet die hoogmoedige mense laat verloor,want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei.Ék wil dink aan wat U beveel het.
79 U moet die mense wat vir U dien,na my toe laat kom,sodat hulle kan leer wat U gesê het.
80 Ek wil heeltemal gehoorsaam wees aan u wette,sodat niemand my kan verneder nie.
81 Ek wag en verlang daarna dat U my sal red,ek is seker dat U sal doen wat U gesê het.
82 My oë is moeg, want ek hou aan om te kykwanneer U dit weer goed sal laat gaan met mysoos U belowe het.