93 Ek sal nooit vergeet wat U beveel het nie,want U het my so laat lewe.
94 Ek behoort aan U, en U moet my red,want ek probeer om te doen wat U beveel.
95 Die mense wat verkeerd doen,is gereed om my dood te maak,maar ek dink net aan wat U gesê het.
96 Ek het gesien dat niks vir altyd aanhou nie,alles het ’n einde,maar u gebooie is oral en altyd daar.
97 Ek is baie lief vir die dinge wat U vir my leer,ek dink die hele dag daaroor.
98 U gebooie gee vir my wysheid,meer wysheid as wat my vyande het,want ek onthou altyd u gebooie.
99 Ek is verstandiger as almalwat vir my geleer het,want ek dink aan wat U gesê het.