15 Die volke se afgode is van silwer of goud,mense het hulle gemaak.
16 Die afgode het monde, maar hulle kan nie praat nie,hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie,
17 hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie,hulle haal ook nie asem nie.
18 Die mense wat die afgode gemaak het,is soos hulle,en almal wat in hulle glo,is ook soos hulle.
19 Israeliete, julle moet die Here prys, nageslag van Aäron, julle moet die Here prys,
20 nageslag van Levi, julle moet die Here prys,julle almal wat die Here dien, julle moet die Here prys.
21 Ons prys die Here in Sion,ons prys Hom wat in Jerusalem woon.Julle moet die Here prys.