16 U het my gesienvoordat ek gebore is.Ek was nog nie een dag oud nie,toe het U klaar in u boek geskryf hoe lank ek sal lewe.
17 O God, die dinge waaraan U dink,is vir my baie moeilik, ek kan dit nie verstaan nie,en U dink aan so baie dinge.
18 As ek dit alles probeer tel,dan is dit meer as sand,en wanneer ek geslaap het en wakker word,dan dink ek nóg aan U.
19 O God, ek bid dat U die mense moet doodmaakwat verkeerd doen.U moet die moordenaars laat weggaan van my.
20 Hulle is u vyande,hulle sê slegte dinge teen U,en hulle is opstandig teen U.
21 Ek haat die mense wat vir U haat,ek hou niks van mense wat opstandig is teen U nie.
22 Ek haat hulle met my hele hart,hulle is my vyande.