1 Vir die leier van die koor: Van Dawid. ’n Psalm.
2 Here, U moet my red van slegte mense,U moet my beskerm teen wrede mense.
3 Hulle maak planne om slegte dinge te doen,hulle wil hê dat mense oorlog moet maak. Sela
4 Hulle tonge is so skerp soos slange se tonge,en hulle is so giftig soos slange.
5 Here, U moet my beskermteen mense wat verkeerd doen,teen wrede mense wat planne maakom my dood te maak.
6 Hoogmoedige mense wil my vang,hulle het ’n vangnet van toue gemaaken hulle het dit styfgetrek oor my pad,hulle wou vir my in vangstrikke vang.
7 Ek sê vir die Here: U is my God.Here, U moet luister hoe ek soebat.