5 ’n Mens wat reg lewe en wat my vriend is,mag my slaan en mag met my raas.Wanneer hy olyf-olie op my kop wil gooi,dan sal ek sê dit is goed.Maar ek sal aanhou om te biddat die Here mense sal strafwat slegte dinge doen.
6 Wanneer die Here die leiers van die slegte mensevan ’n rots laat afval, dan sal ek sê dit is goed.
7 Die leiers sal moet sê:“Ons bene lê oral by die bek van die doderyk,dit lyk soos wanneer iemand geploeg heten die grond stukkend gebreek het.”
8 Here, ek weet dat U my altyd sal help.Ek vra dat U my moet beskerm,U moenie dat ek sterf nie.
9 Mense wat slegte dinge doen,wil my in vangnette en vangstrikke vang.U moet keer dat ek nie daarin val nie.
10 U moet hierdie mense wat verkeerd doen,in hulle eie vangnette laat val,maar die nette moenie vir my vang nie.