4 Wanneer ek moedeloos word,dan is dit U wat weet wat met my gebeur.My vyande het vir my ’n vangnet styfgetrekop die pad waar ek loop.
5 Wanneer ek langs my kyk,dan is daar niemandwat van my weet nie.Daar is nie ’n plek waarnatoe ek kan vlug nie,niemand is bekommerd oor my nie.
6 Here, ek bid tot U, help my asseblief,dit is U wat my moet beskerm,ek het net vir U in hierdie lewe.
7 U moet luister wanneer ek bid,want dit gaan baie sleg met my.U moet my red van die mense wat my jaag,want hulle is te sterk vir my.
8 U moet my uithaal uit die tronk,dan sal ek vir U dankie sê,en die mense wat reg lewe,sal rondom my kom staanomdat U goed was vir my.