5 Ek dink aan lank gelede,ek dink oor alles wat U gedoen het,ek dink oor alles wat U gemaak het.
6 Ek steek my hande uit na U,ek verlang na Usoos ’n droë land verlang na water. Sela
7 Here, U moet my gou antwoord,ek verlang baie na U.U moet kyk hoe dit met my gaan,ek is soos iemand wat besig is om te sterf.
8 U moet elke oggend vir my sêdat U sal doen wat U belowe het,want ek glo dat U my sal help, nét U sal help.U moet vir my sê hoe ek moet lewe,ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U.
9 Here, U moet my red van my vyande,ek vra dat U my moet beskerm.
10 U moet vir my leer om te doen wat U wil hê,want dit is Ú wat my God is.U is goed, U moet my op ’n gelyk pad laat loop.
11 Here, ek behoort aan U,U moet my laat aanhou lewe.U doen altyd reg,U moet my vrymaak, want ek kry baie swaar.