1 Van Dawid.Ek wil die Here prys! Hy is my Rots.Hy leer vir my hande om te veg,Hy leer vir my vingers om oorlog te maak.
2 Hy doen altyd wat Hy belowe het,Hy is vir my soos ’n veilige plek in die berge,Hy beskerm my en Hy maak my vry,Hy is vir my soos ’n skild, ek voel veilig by Hom.Hy maak my mense gehoorsaam aan my.
3 Here, mense is nie belangrik nie.Hoekom kyk U na hulle?Hoekom dink U aan iemand wat net ’n mens is?
4 Mense is soos wind, hulle lewe gaan verbysoos ’n skaduwee wat verdwyn.
5 Here, U moet die hemel buig en U moet afkom,U moet aan die berge raak,sodat daar rook uit hulle kom.