9 O God, ek wil vir U ’n nuwe lied sing,ek wil vir U musiek maak met die harp.
10 Dit is U wat konings help om oorloë te wen,dit is U wat vir Dawid weggeruk hetvoor ’n wrede vyand.
11 U moet my ook wegruk,U moet my red van die ander volke.Hulle wil net een ding doen,en dit is om te lieg en te bedrieg.
12 Ons bid dat ons seuns sal wees soos plantewat groei en groot word terwyl hulle nog jonk is.Ons bid dat ons dogters sal weessoos die mooi pilareop die hoeke van die paleis.
13 Ons bid dat ons stoorkamers vol sal wees,dat daar baie soorte kos sal wees.Ons bid dat ons skape en ons bokke op ons veldduisende, tienduisende lammers sal hê,
14 en dat ons beeste baie kalwers sal hê.Ons bid dat vyande nie in ons stad sal komen die mense sal wegvat nie,ons bid dat ons nie op die oop stukke grondsal moet staan en huil nie.
15 Dit gaan goed met ’n volkwanneer dit so met hulle gaan.Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is.