16 Dit is Hy wat die sneeu gee, wit soos wol,Hy laat die ryp soos as op die grond lê.
17 Dit is Hy wat die hael laat val,fyn soos krummels.Niemand kan die koue keer wat Hy stuur nie.
18 Wanneer Hy dit sê,dan smelt die hael en die sneeu,wanneer Hy die wind laat waai,dan vloei die water.
19 Dit is Hy wat vir Jakob sy boodskap stuur,dit is Hy wat vir die mense van Israel sêwat sy wette en besluite is.
20 Hy het dit nie vir ’n ander volk gedoen nie,hulle weet nie wat Hy besluit nie.Julle moet die Here prys!