9 Dit is Hy wat vir die diere hulle kos gee,en ook vir die kraaie se kuikenswanneer hulle skree.
10 Sterk perde of vinnige manneis nie belangrik vir die Here nie,
11 maar Hy hou van mense wat Hom dien,mense wat glo dat Hy sal doenwat Hy belowe het.
12 Mense van Jerusalem,julle moet die Here prys,mense van Sion, julle moet julle God prys,
13 want Hy maak die sluitbalkevan julle poorte sterk,Hy seën julle wat in die stad woon.
14 Dit is Hy wat dit goed laat gaan in julle landen wat vir julle die beste koring gee om te eet,meer as genoeg.
15 Dit is Hy wat ’n boodskap na die aarde stuur,en sy boodskap kom vinnig daar.