1 Julle moet die Here prys!Julle wat in die hemel is, julle moet die Here prys,julle moet Hom prys hoog daarbo.
2 Al sy engele, julle moet Hom prys,alles in die lug, julle moet Hom prys,
3 son en maan, julle moet Hom prys,al die sterre wat blink, julle moet Hom prys.
4 Die hoogste hemel moet Hom prys,en die water wat bokant die hemel is.
5 Hulle moet die Naam van die Here prys,want Hy het dit beveel, en alles was daar.
6 Hy het vir elkeen ’n plek gegee, vir altyd en altyd,Hy het gesê dit moet so wees, en dit is so.