6 Hy het vir elkeen ’n plek gegee, vir altyd en altyd,Hy het gesê dit moet so wees, en dit is so.
7 Watermonsters en al die diep water,julle is onder op die aarde, julle moet die Here prys.
8 Vuur en hael, sneeu en miswolke,stormwinde wat doen wat Hy sê,
9 berge en al die heuwels,vrugtebome en al die sederbome,
10 wilde diere en mak diere,diere wat kruip en voëls wat vlieg,
11 konings van die aarde en al die volke,leiers en almal wat oor die aarde regeer,
12 jongmanne en jongmeisies,ou manne saam met seuns,