6 My God, ek bid tot U,want ek weet U sal my antwoord.U moet luister en hoor wat ek sê.
7 U moet ’n wonderwerk doenen doen wat U belowe het,U wat die Redder is, U red mense wat vradat U hulle by U moet beskermteen hulle vyande.
8 U moet my oppassoos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U,U moet my wegsteeksoos ’n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke.
9 U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen,die mense wat wil hê ek moet weg wees,my vyande wat my van al die kante aanvalen wat my wil doodmaak.
10 Hulle is nie genadig nie, hulle praat en spog baie,
11 hulle kom nou van al die kante,hulle kyk hoe hulle my kan laat val.
12 Hulle is soos leeus wat lê en wagen gereed is om my dood te byt.