2 Dawid het gesing:Here, ek is baie lief vir U, U maak my sterk.
3 Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge,U maak my vry.My God, U is my rots, ek voel veilig by U,U is vir my soos ’n skild,U is sterk en U red my, U is vir my ’n veilige plek.
4 Here, ek wil U prys,want U het my gered van my vyande.
5 Die dood wou my vasbind met toue,waterstrome het oor my gespoelen wou my doodmaak.
6 Toue van die doderyk het my vasgebind, vangstrikke van die dood het my vasgevang.
7 Wanneer dit sleg gaan, dan skree ek: Here!Ek roep na my God, ek vra dat Hy my moet help.Hy hoor my stem in sy paleis,Hy hoor wanneer ek na Hom roepen vra Hy moet my help.
8 Die aarde het geskud en gebewe,die fondamente van die bergehet gebewe en geskud,want die Here was kwaad.