20 Hy bring my na ’n plek waar ek vry is,Hy red my, want Hy is lief vir my.
21 Ek is onskuldig,en die Here gee vir my wat ek moet kry,ek het niks verkeerd gedoen nie,en die Here beloon my.
22 Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê.Wanneer my God my oordeel,dan is ek nie skuldig nie.
23 Ek het onthou wat Hy gesê het ek moet doenen ek het gedoen wat Hy beveel het.
24 Ek het alles gedoen wat Hy gesê het,ek het aangehou om reg te doen.
25 Ek is onskuldig,my God het gesien ek doen niks verkeerd nie,en Hy het my beloon.
26 U doen wat U belowe hetvir die mense wat doen wat húlle belowe,U is altyd goed vir die mense wat net goed doen.