38 Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle, ek draai nie omvoordat hulle almal dood is nie.
39 Ek slaan hulle, en hulle val,hulle kan nie weer opstaan nie,hulle lê voor my voete.
40 U maak my sterk om oorlog te maak,U laat my vyande op hulle knieë staan voor my.
41 U laat hulle vlug, weg van my,en ek kan die mense wat my haat, vir altyd stilmaak.
42 Hulle skree en vra dat iemand hulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here, maar Hy antwoord hulle nie.
43 Ek slaan hulle fyn soos stofwat wegwaai in die wind,ek trap op hulle soos ek trap op die modder in die paaie.
44 U red my van my eie mensewat opstandig is teen my,U maak my die hoof van volke en U beskerm my.Mense wat ek nie geken het nie,doen nou wat ek sê.