42 Hulle skree en vra dat iemand hulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here, maar Hy antwoord hulle nie.
43 Ek slaan hulle fyn soos stofwat wegwaai in die wind,ek trap op hulle soos ek trap op die modder in die paaie.
44 U red my van my eie mensewat opstandig is teen my,U maak my die hoof van volke en U beskerm my.Mense wat ek nie geken het nie,doen nou wat ek sê.
45 Wanneer hulle hoor van my,dan luister hulle dadelik.Mense uit ander lande kom kruip voor my.
46 Hulle skrik en hulle kom uit hulle stede,die stede wat sterk mure het.
47 Die Here lewe!Ek wil my Rots prys.Ek sê die God wat my red,is belangriker as alles.
48 Hy is die God wat my help om mense te strafoor die dinge wat hulle aan my gedoen het.Hy laat volke voor my buig,