1 Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.
2 Die hemel sê God is koning,die hemeldak vertel wat Hy gedoen het.
3 Die een dag sê dit vir die volgende dag,die een nag sê vir die volgende nag wat gebeur het.
4 Niemand hoor dat die hemel praat nie,hy praat nie ’n taal en woorde nie.
5 Maar oral weet die mense wat die hemel sê,mense van die hele wêreld verstaan hierdie taal.God het vir die son ’n plek gegee in die lug,
6 en wanneer die son opkom en soos ’n soldaatvrolik op sy pad begin loop,dan is hy soos ’n bruidegomwat uit sy slaapkamer kom.